Go Back Email Link

Pieter se Lekker Slaaisous

Servings: 4 People
Course: Side Dish

Notes

Pieter se Lekker Slaaisous

Resep deur Pieter Henning
’n Heerlike, vars tuisgemaakte slaaisous met suurlemoen, witwynasyn en BlixSam Pep ’n Zest. Perfek vir groenslaai, aartappelslaai, pastaslaai of as ’n lekker marinade.

Bestanddele

  • 160 ml olyfolie
  • 80 ml witwynasyn
  • Sap van 1 suurlemoen
  • Knippie sout
  • ½ teelepel suiker
  • 3 opgehoopte teelepels BlixSam Pep ’n Zest (Lemon Pepper)

Metode

  1. Voeg die olyfolie, witwynasyn en suurlemoensap in ’n glasfles met ’n deksel.
  2. Voeg die sout, suiker en BlixSam Pep ’n Zest by.
  3. Maak die fles toe en skud goed totdat alles deeglik gemeng is.
  4. Laat die slaaisous vir ongeveer 1 uur staan sodat die geure lekker kan ontwikkel.
  5. Skud weer goed net voor opdiening.
  6. Gooi oor jou gunsteling slaai en geniet!
💛 Dankie aan Pieter Henning vir die lekker resep!
🍴 Meer BlixSam-resepte:
🛒 Koop BlixSam-produkte: